#innibos 2016 Meridian Karino Innibos Koorfees

Hierdie is ’n heerlike saamgestelde koorkonsert waar verskeie skoolkore saam met Tuks Camerata optree.

Die program is ’n uitvloeisel van weeklange koorslypskool waar bekende koorleiers soos Ferdinand Liebenberg, van onder andere Afrikaanse Hoër Seunskool en Michael Barret, koormeester en Direkteur van Kore aan die Universiteit van Pretoria, verskeie kore uit die land sowel as omliggende gemeenskapskole se kore onder hande neem met werksessies en meesterklasse vir koorleiers.

Afgeronde kinderkoor-uitvoerings saam met een van ons land se beste universiteitskore.

Met Tuks Camerata onder leiding van Michael Barrett en Ferdinand Liebenberg. Verskeie kore soos Meridian Karino, Lydenburg Hoër- en Laerskool, Curro Roodeplaat, Curro Serengeti, Nelspuit Laerskool, Curro Thatchfield, Curro Academy Soshangowe, Yedwa Primary, Somcuba Primary, Chakaza Primary, St Thomas Aquinas School neem deel aan die weeklange program.

Musiekregie: Michael Barrett en Ferdinand Liebenberg

Genre: Koormusiek
Taal: Veeltalig
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R52
Plek: Independent School, Nelspruit
Datum: Wo 29 Jun 18:00

Innibos 2016

Meridian Karino Innibos Koorfees,
Roekeloos,
20 Mei 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar