Kelly Price

Mirror Mirror is Kelly Price se nuutste vrystelling. Soos te wagte is die vrou se tweede album op dieselfde hoë standaard as haar vorige. Kelly Price het ‘n paar longe op haar wat enige Mariah Carey of Whitney Houston in die skadu plaas, maar wat haar nou werklik ‘n trappie bo die res plaas is haar keuse van materiaal wat ‘n wonderlike aanklank vind by haar gehoor. Bygesê, dit alles is al gedoen en ons het nie hier te doen met ‘n openbaring nie, maar die vrou het styl.

‘n Persoonlike hoogtepunt vir my is as Kelly so bietjie humor insleep en sing: “You should’ve told me I wasn’t small enough”.

6 op ‘n skaal van 10

Lewer kommentaar

Leave a Reply