Vanjaar se Kersfees Skouspel word by die Grand Arena van GrandWest in Kaapstad op Saterdag, 14 Desember om 20:00 aangebied en keer daarna terug na die Sun Arena, Time Square in Pretoria op Maandag, 16 Desember om 15:00.

Meer as 15 top kunstenaars gaan in hierdie produksie optree en dit gaan ‘n wonderlike Kerskonsert wees in die Boney M-styl van Kerskonserte.  Noot vir Noot se Jaconell Mouton is weereens die regisseur en Frans Swart, wat bekend is as regisseur van al die skreeunsnaakse klugte soos My Oom se Vrou se Plekkie is die regisseur met ‘n volle orkes.

Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ‘n fees van talent sien en hoor, met Alwyn Oberholster, Granville Michaels, Jak De Priester, Joshua Na Die Reën, Mathys Roets, Monique, Nianell, Pieter Smith, Scott Engelbrecht, Steffie Le Roux en Taschè op die verhoog.  Lefra Produksies het ook onlangs aangekondig dat die wêreldbekende Leo Sayer Suid-Afrika toe kom in Desember om as internasionale gaskunstenaar op te tree in vanjaar se Kersfees Skouspel-konserte.

Regisseur, Frans Swart sê hy is baie opgewonde oor die sterk span sangers en musikante wat in Kersfees Skouspel gaan optree.  Jaconell Mouton, Musikale Regisseur, sê dit is elke jaar vir haar so opwindend om aan Kersfees Skouspel te werk.  “Elke jaar het ons nuwe kunstenaars wat ‘n totale nuwe dinamika na die produksie toe bring.  Kunstenaars sing duette saam, daar is lekker groep liedjies en ek wil nie te veel uitlap nie, maar toeskouers is in vir ‘n hele paar verrassings.”

Bespreek by Computicket 08619158000 of www.computicket.com.  Groepe meer as 10 teen afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com.

Monique

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply