Kultuurskatte groet

Die afgelope paar dae is drie bekende Suid-Afrikaners oorlede. Al drie was ’n besondere deel van ons kultuurlandskap.

Die sanger Randall Wicomb is Sondagoggend in die ouderdom van 66 jaar oorlede by sy huis in Stellenbosch. Hy is in 2013 met prostaatkanker gediagnoseer.

Amper op die uur, twee dae tevore op Kersdag, is die kunskenner en afslaer Stephan Welz oorlede. Hy was 72 jaar oud. Welz is die vorige maand met drie tipes kanker gediagnoseer. Terwyl hy hoofsaaklik bekend was as afslaer, was Welz self ’n kunstenaar van formaat.

Vanoggend is die Afrikaanse skrywer Chris Barnard oorlede aan ’n hartaanval. Hy was 76 jaar oud. Barnard was getroud met die filmregisseur en aktrise Katinka Heyns.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Innige medelye met afsterwe van Stephan Welz. Het die voorreg gehad om saam met hom op te tree in die program “Antikwar” op KykNet. Wat ‘n droewige feestyd met ook die afsterwe van Randall en Chris.
    Ons sal hulle onthou!

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar