Die Laailou Musiekfees bied `n opwindende musiek-ervaring by Bergrivier-oord die komende naweek in die Paarl aan. Lê lekker op jou laailou op die Bergrvier of kyk na die vertonings vanuit die gemak van jou kampstoel.
Van Suid Afrika se top kunstenaars gaan by die fees te sien wees. Die program sluit in: Steve Hofmeyr, Early B, Juan Boucher, Tasché, Loki Rothman, Margot Rothman, Ampie, Corné Pretorius, Jacques Du Plessis en Justin Vega.
Die oord word eksklusief vir feesgangers en kampeerders gereserveer. Feesgangers kan toegang koop vir albei dae teen R470 of R220 vir Vrydagaand of R280 vir Saterdag. Onthou jou Laailou en/of jou kampstoel! Daar’s reuse biertente en ‘n mal spul eetgoed om van te kies.
Kaartjie-verkope en die feesprogram is by www.laailoufees.co.za
Kampplek-besprekings (nie ingelsuit by feeskaartjies) kan jy direk kry by die Bergrivieroord op www.bergriverresort.co.za
Dit is die tweede jaar wat die Laailou fees aangebied word. Feesstigter Wynand de Villiers sê: “Ons glo die line-up is uitsonderlik, maar vir ons is die setting van die fees en die vibe wat ons wil skep die groot onderskeidingselemente van die fees. Die Bergrivier-oord is absoluut geskik vir die aanbieding van ‘n baie unieke fees met twee sitplek-keuses, en byna die hele oord is onder ‘n wonderlike skadubedekking van ou bome.”
De Villiers voeg by dat hulle beplan om dié nuwe fees jaarliks aan te bied. Hy vertel: “Die verhoog by die fees word met ‘n 270 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die rivier op hul laailous sowel as toeskouers op hul kampstoele in die kampeer-feesterrein bedien. Die Bergrivieroord het pragtige staanplek vir tente asook luukse staanplek vir karavane. Bring jou laailou, bring jou kampstoel.”
Program
Vrydag 17 November
15h00 – Feesterrein open.
17h30 – Tasché.
18h45 – Early B.
20h00 – Justin Vega (DJ).
Saterdag 18 November
11h00 – Feesterrein open.
13h00 – Margot & Loki Rothman.
14h15 – Jacques du Plessis.
15h30 – Corné Pretorius.
16h45 – Juan Boucher. 18h00 – Steve Hofmeyr.
