Lady One

Het jy geweet? Breyten Breytenbach is ‘n ruk gelede deur ‘n groepie jingoistiese Burger-lesers uit die Afrikaner-volk gestem. Waarop hy soos ‘n jintelman in Engels geantwoord het: “Onder geen omstandighede is ek lid van u volk, of sou ek dit ooit wou wees nie.” Daar het jy dit nou!

Op Lady One lees hy 14 van sy mooiste liefdesgedigte voor. In Engels. Bygestaan deur grofgeskut soos Arno Carstens van die Springbok Nude Girls en Battery 9 se Paul Riekert.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply