In die konsert Legendes Klassique word van die grootste musici van Suid-Afrika se klassiekemusiek-bedryf gehuldig.

Van instrumentaliste tot operasangers – elkeen is ‘n begaafde musikus wat ’n groot bydrae gelewer het tot die klassieke musiek wat ons vandag nog op ons konsert- en operaverhoë hoor en beleef.

Op die program is uittreksels uit klavierconcerto’s, vioolconcerto’s, en arias en duette uit gewilde operas saam met ’n orkes. Van vandag se bekende musiektalente – waaronder die bekroonde twee tienerjarige pianiste Qden Blaauw en Leo Gevisser, die violis Odile Lesch, asook die sopraan Beverley Chiat en bariton George Stevens – sal in die konsert in die Kunstekaap-operahuis optree.

* Debuut *

Met: Qden Blaauw, Leo Gevisser, Odile Lesch, Beverley Chiat, George Stevens en die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes

Dirigent: Brandon Phillips

Samestelling: Wayne Muller

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans, English
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R120
Plek: Artscape Operahuis, Kaapstad
Datum: DO. 27 APRIL 2017 (19:30 – 20:45)

Suidoosterfees 2017


Legendes Klassique

Odile Lesch
Odile Lesch


Legendes Klassique


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply