Paarl Voices of Frank Pietersen Music School

Sowat ’n jaar gelede het ʼn klein groepie sanglustige persone begin oefen by die Ou Meulteater in die Paarl, maar elke Maandagaand het hulle gesug oor die feit dat hulle eerstens nie die ganse Paarl se diversiteit verteenwoordig nie en ook omdat hulle hul ledetal wou groei na ’n koor wat uit volle bors die stem van die Paarl kan wees.

Deur die vêrsiendheid van Vaugh Pietersen het die groepie saamgesmelt met die Frank Pietersen volwasse koor en tans is Paarl Voices sowat 40 stem sterk en onder leiding van die koor- en musiekervare Johannes Schickerling wat bekend staan vir sy betrokkenheid by menige kore en verwerkings.

The choir is multi-faceted and cross cultural. The members are devoted to singing for their pleasure and entertaining their audiences. Their repertoire is stirring. Come and listen. Then feel free to join.

Maak jou reg vir ‘n lekker verskeidenheid liedere, iets wat almal se oor, psige en siel gaan tref.
Die konsert op 5 September begin met bekende koorwerke soos Magaliesburgse Aandlied. Dit beweeg oor na die hart van die karoo met ‘n smeek van die Griekwa Psalm. Ons maak ‘n draai by die see met Blouberg se strand en land in ons tuiste met ‘n gejubel en geskud: Afrika.

Kaartjies vir die konsert by die Ou Meulteater is R50. Kontak Vicky by 083 564 00 56 / vstemmet@gmail.com vir meer besonderhede.

Paarl Voices
Paarl Voices

Lewer kommentaar

Leave a Reply