Pionier: die Liedkuns van S. le Roux Marais

Pionier: die Liedkuns van S. le Roux Marais, is ’n biografiese liederuitvoering wat die gehoor saam neem op ’n reis deur Stephanus le Roux Marais (1896-1979) se lewe en liedere. Die program word uitgevoer in dialoog met die gehoor en sluit in liedere soos “Heimwee”, “Mali die Slaaf se Lied”, “Rooidag”, “Kom dans Klaradyn”, “Oktobermaand”, “Sluimer Beminde”, “Geboorte van die Lente” en vele meer.

Marais het ’n groot deel van sy leeftyd in Graaff-Reinet deurgebring waar hy musiekonderring gegee, gekomponeer en in sy vrye tyd geskilder het. Die ryk korpus van sy liedere op gedigte van verskeie van die belangrikste Afrikaanse skrywers van die tyd, was die eerste sterk poging om die Afrikaanse taal in die internasionale kunsmusiek-konteks te plaas en daardeur ook wye erkenning te verdien. Hy word beskou as “die Afrikaanse Schubert”.

Met: Janelle Visagie (sopraan) en Jose Dias (klavier)

8 November 2015 | 18:00 | R50
Goodnow-saal (Pentz-straat, Wellington) op die CPUT-kampus

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar