Randall Wicomb in 45 jaar

Randall Wicomb in 45 jaar
Roekeloos
29 Maart


Randall Wicomb, ‘n ikoon van die Afrikaanse musiekbedryf, het oor meer as vier dekades grensverskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van die Afrikaanse volksliedjie gedoen.

Wicomb het nege jaar in die Universiteitskoor van Stellenbosch onder leiding van die legendariese Philip Mclachlan, 300 konserte gesing. Hy is van mening dat Mclachlan sy grootste mentor was in sy musiekloopbaan.

Dit is sy verwerking en restourasie van ou volksliedjies wat hom soveel jare gelede volksbesit gemaak het. Sy toonsettings en vertolkings van die Griekwa Psalms van Hans du Plessis, sal ewig met ons bly. Randall se nuutste CD Êrens is jy, is toonsettings van liefdesverse van die groot meesters in ons Afrikaanse digkuns. Die titel van die CD is ontleen aan ‘n gedig van Antjie Krog, maar die liefde word ook verklank in gedigte van o.a. Eugene Marais, NP van Wyk Louw, Adam Small, Breyten Breytenbach, C Louis Leipoldt en andere.

Randall het al in verskeie oorsese lande opgetree waarheen Suid Afrikaners hom genooi het. Oor Randall se interessante lewe die afgelope 45 jaar sal ons eersdaags kan lees in ‘n biografie geskryf deur Amos van der Merwe.

Randall Wicomb in 45 jaar sluit in “45 Jaar se Mooistes”. Stel jou oop vir ‘n musiek-ervaring van meer as 40 jaar wat die nostalgiese in jou sal wakker maak.

Randall Wicomb
Randall Wicomb

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply