Ses Snare stoom voort

Die bekende groep Ses Snare laat gehore steeds brul soos beeste van lekkerkry! Die suksesresep waarmee hulle die afgelope paar jaar gehore regoor die land laat voete stamp het, het nie verander nie – die manne speel ‘n kombinasie van bekende treffers asook vuurwarm oorspronklike musiek, meesal deur die lede self gekomponeer. Gehore kan ook ‘n paar verrassings te wagte wees.

Tydens ‘n onlangse oefenkamp, genaamd “Kamp Staalsnaar”, het die manne nege nuwe liedjies ingestudeer. Daaronder is “Somebody to love” van Queen, “Seven Bridges Road” van The Eagles, “Play me” van Neil Diamond, “Ring of Fire” van Johnny Cash, “San Francisco Bay Blues” van Eric Clapton en ‘n interessante verwerking van Bob Marley se “Is this Love”.

Die program bevat ook treffers van The Travelling Wilbury’s, Leonard Cohen, Albert Hammond, daar is ‘n liedjie om hulde te bring aan Lucas Maree, en natuurlik glip Dire Straits ook weer by die agterdeur in.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Pieter Smith, MD Greyling, Thean Kotze, Peter Hoven en Leon Ecroignard.

Die Ses Snare is Donderdag, 5 September by die Ou Meulteater in die Paarl om 20h00. Kaartjies kos R120.00. Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za .

Ses Snare
Ses Snare

Lewer kommentaar

Leave a Reply