Spieël Speel

Hierdie is nuwe musiek – in Afrikaans – en gaan ‘n unieke musikale en kulturele niche vul; ‘n rare versnit van ontluikende Afrikaanse en Suid-Afrikaanse kultuur nooit van te vore gesien of gehoor nie, dog uiters relevant en ook so tuis op die verhoë van internasionale musiekfeeste as voor plaaslike gehore.


Spieël Speel speel af by die kruispad van genres. Dit reflekteer die huidige gees van ontdekking, kruis-kulturele nuuskierigheid en avontuurlustigheid, op die oomblik te vinde in die wêreld se musieksentra soos Londen en New York, Kathleen Tagg se huis vir die laaste dekade. Die produksie gaan op reis deur ‘n magdom uiteenlopende en kruisende style, met ‘n buig van die knie aan bekende kunstenaars soos YoYo Ma, PacquitoD”Rivera en David Krakauer, kunstenaars wie in geen stylistiese boks pas nie en eerder gedefinïeer word deur die geweldige omvang van hul musikale ontdekkingsreise.

Afrikaans het tot stand gekom in ‘n kulturele smeltkroes en het ontwikkel tot ‘n kragtige en geliefde uitdrukkingsvorm vir ‘n groot en diverse groep mense. Dit is eerste op papier neergelê in Arabiese skrif deur die afstammeling van Maleise slawe in die hart van Kaapstad. Dit is ‘n klank so onlosmaaklik van die landskap van Afrika as van die Hollandse seevaarders wie hul self hier gevestig het.

Zanne Stapelberg is ‘n Afrikaanse kunstenaar, bekend vir haar vermoë om te sing ‘n wye verskeidenheid tale – van Frans tot Spaans, Italiaans tot Duits, Xhosa en Zulu.

Kathleen is ‘n Engelssprekende Suid-Afrikaner wie se Afrikaanse laerskoolopvoeding haar liefde vir die taal gevestig het.

Vir hierdie projek kies hulle om te speel in Afrikaans. Beïnvloed deur haar jare in New York waar sy werk met musici so wyd verspreid as Sirië, Azerbaijan, Japan, Indië, Spanje en Argentinië bring Kathy hier die musikale tale van die wêreld byeen.

Zanne Stapelberg en Kathleen Tagg
Zanne Stapelberg en Kathleen Tagg

Dit, gekombineer met Zanne se jare lange passie om in ‘n wye verskeidenheid style oorspronklike musiek in haar eie taal te skep – van blues tot folk tot rock, klassiek en inheems – gaan sorg vir werklik oorspronklike musiek.

Spieël Speel bestaan uit 14 nuwe komposisies, die meerderheid hier van geskryf deur Kathleen en Zanne self en met lirieke deur o.a. bekroonde skrywers Deon Meyer en Marlene van Niekerk.

Spieël Speel volg op die hakke van hulle hoogs suksesvolle Soul of Fire, waarvan elke optrede uitverkoop het.

19 -21 Julie by Die Boer in Durbanville. Kaartjies: R130. Bespreek by 021 979 1911 / 083 406 0111.

Kathleen Tagg en Zanne Stapelberg
Kathleen Tagg en Zanne Stapelberg

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply