Danie Niehaus is meer as 30 jaar na sy debuut in die musiekbedryf, steeds een van Suid-Afrika se bekendste en gewildste stemme en met sy vermoë om musiek van verskeie genres te vertolk in sy eiesoortige styl, is elke vertoning van hom uniek en ‘n musikale palet waarop hy meesleurende prentjies oor klank, kleur, seisoene, tyd, drome en die liefde verf. Uit sy musikale skatkis bied hy ‘n diverse vertoning aan oor die liefde, die lewe en ou herinneringe. Die vertoning beloof om te inspireer en emosies aan te raak. Daar is musiek en vertellings – van nostalgie tot vreugde, ‘n versnit van lag en feesvier en boonop ‘n akoestiese verrassing of twee.

By die Boer restaurant-teater in Durbanville op 2 Feb om 20:30.  Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply