#VSKunstefees Tea with Puccini

Klassieke vuurwerke, sublieme arias en hartseer-liedjies ontmoet in ’n weelderige nuwe opera-kabaret deur die stersopraan Zanne Stapelberg.

Moenie haar vertolking van glansryke arias soos “Casta diva” deur Bellini, “Si mi chiamano”, “Mimi” uit Puccini se tydlose La Bohème en Delila se sensuele hartslied “Mon coeur” uit Saint-Saëns se Simson en Delila misloop nie. Ook op die program is betowerende liedere uit Bernstein se West Side Story, Samuel Barber se “Sure on this shining night” en nog ’n paar magiese musiekplesiertjies.

Met: Zanne Stapelberg (soprano), Philippus Hugo (piano)

Genre: Klassieke musiek
Taal: Verskeie
Tydsduur: 75 minute
Kaartjies: R120
Plek: Kunstetrust-Odeion, Bloemfontein
Datum: 17 & 18 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Tea with Puccini,
Roekeloos,
17 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply