Gerbera jamesonii
Mpumalanga is die natuurlike tuiste van die bekende Babertonse madeliefie. Spesifiek die dorp Baberton.
Die plantjie is ’n kruidagtige meerjarige wat skarlakenrooi blomme dra. Die blomme word aan lang stele van 450 mm gedra en die blom self is 100 mm in deursnee. Die blomme verskyn in die lente. Die blom is natuurlik die sportembleem van die Blou Bulle.
Die plant hou van komposryke grond wat maklik dreineer. In die somer moet jy hulle baie water gee.
(foto: Franz Xaver)


Lewer kommentaar