Kelkiewyn / Bobbejaantjie / Rooibobbejaantjie

Hierdie klein knolplantjie met stervormige blomme kom voor in die Suidwes-Kaap. Jy sal hulle herken aan die effens harige blare. Die plante se hoogte wissel van 200 mm tot 300 mm.

Die bobbejane is veral lief om hierdie knolle uit te grawe en te eet.

Die Babiana disticha se blomme is ligblou met ‘n geel basis.

Die Babiana rubrocyanea is die kelkiewyn, ook genoem bobbejaantjie. Die blomme is blou met rooi in die middel van die blom.

Die ware bobbejaantjie is die Babiana stricta. Die bobbejaantjie het mooi regop blomstele. Die blomme wissel van variasies van blou tot pers.

Babiana villosa word genoem rooibobbejaantjie. Soos jy seker kan raai is die blomme rooi.

Kelkiewyn (foto Andrew Massyn)

Bobbejaantjie (foto Hedwig Storch)

Kelkiewyn (foto Andrew Massyn)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar