Maartlelie / Belladonnalelie

Amaryllis belladonna

Rye maartlelies in blom is iets om te aanskou. Moet egter nie verwag dat hierdie bolplante elke jaar moet blom nie.

Die blomme verskyn voor die blare in die laatsomer hul opwagting maak. Dit is groot, trompetvormige blomme in skakerings van pienk. Die blomstele is rooi. Dit is veral mooi in hul natuurlike omgewing in die Suidwes-Kaap, wanneer dit verskyn as die ander plantegroei verdor het.

Die bolle moet in die somer geplant word in grond wat maklik dreineer. Dit moet gereeld water veral wanneer die blomknoppe verskyn. Soos met baie bolplante moet jy ophou water gee wanneer die blare begin doodgaan.

(foto Stan Shebs)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply