Vlier

Sambucus nigra (Europese vlier)

Vlier is, is seker meer bekend onder sy Engelse naam Elder.

Vlier groei maklik van steggies of sommer van suiers wat verplant kan word. Dit groei maklik in meeste grondsoorte en onder enige omstandighede.

Hierdie bladwisselende kruid kan tot 10 meter hoog word. Dit kan aangeplant word as kruie, gesnoei word as ’n struik om te dien as heining of dit kan toegelaat word om ’n boom te word.

Die roomwit, stervormige blomme ruik heerlik. Ook kenmerkend is die plant se trosse swart bessies wat eetbaar is.

Die likeur sambuca word van die plant gemaak.

(foto Frank Vincentz)

Lewer kommentaar

Leave a Reply