A Town Called Fokol Lutho is iets oorspronkliks: ‘n humoristiese a cappella musiekblyspel.
Dis vyf mans wat beland op ‘n dorpie in die Karoo waar niks gebeur nie. Al wat jy kan doen, is sing en verlief raak. Tussen alles deur leer jy van die eerste hartoorplanting, hoe om regop te staan en uitgee op skrumskakel en kaktussap.
Die stuk is geskryf en gekomponeer deur die eertydse lid van The Soft Shoes, Jervis Pennington en die bekende Tara Notcutt is die regisseur. Die musikale regie is behartig deur Paul Morrisey, die ontwerp is gedoen deur Juanita Ferreira en Cleo Notcutt het die choreografie behartig.
Die vyf manne op die verhoog saam met Jervis Pennington is Carlo Daniels, Moenier Adams, Waasief Piekaan en Nkosekhaya Mgoqi.
A Town Called Fokol Lutho is by die Kalkbaai Teater, Kalkbaai, vanaf 12 Julie tot 10 Augustus 2013. Kaartjies kos R75 en kan bespreek word by www.kbt.co.za
