Agter die woorde in Closer

Van 1 – 4 Augustus word die oorspronklik verhoogweergawe van die nou kultus-film Closer (Met Jude Law, Julia Roberts en Clive Owen) opgevoer in HB Thom Teater. Louis Pretorius is verantwoordelik vir die regie. Die stuk handel oor die ingewikkelde en soms brutale verhouding van vier jong mense. Dan, Anna, Larry en Alice betree die ander se lewe deur blote kans en beland in ‘n doolhof van bedrieg en rou emosie.

Oor ‘n tydperk van amper vier jaar word die gehoor meegesleur deur die karakters se soeke na ‘n antwoord op die mees kompleks en eenvoudige vraag: Is liefde genoeg? Hierdie hoogsaangeksrewe teks deur Patrick Marber rakende sekuele politiek in die hedendaagse samelewing vlek alles oop en laat die gehoor om hulle eie weg te vind in hierdie komplekse landskap. In die geselskap is Raymond Randall, Roelien Daneel, Pierre Theron en Andriëtte Beukes.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Closer
Closer

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar