Vlooi in Ysland

Dis Vlooi tyd! Vlooi en sy maters is terug en hulle bibber van die koue, want die towersleutel neem vir Vlooi en sy maatjie na Ysland. Maar die ys is besig om vinnig te smelt a.g.v. aardverwarming. En die nare mannetjie wat dit alles bewerkstellig se naam is Vlam die Vuurvreter.

Vlam hou van warm plekke … En hy wil só graag sy warm asem in die nekkie van die pragtige Ysprinsessie blaas. Sal Vlooi die Ysprinses en die aarde kan red?

Die Storieboomreeks (Oxford University Press) word op die verhoog verlewendig deur Krazy Katz Produksiehuis in samewerking met Kunstekaap. Vlooi in Ysland is ‘n skouspelagtige vertoning vol kleur, dans en sang.

Met: Christine Wessels en Francois Toerien

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Christine Wessels en Francois Toerien
Christine Wessels en Francois Toerien

Lewer kommentaar

Leave a Reply