Ter viering van een van die grootste geeste in die Afrikaanse literatuur se honderdste geboortejaar, bring die Departement Drama van die Universiteit van Stellenbosch Die Ballade van die Bose op die planke.
Die Ballade van die Bose, onder leiding van Mareli Hattingh en Samantha Coyne, is ‘n woordkunsprogram in ‘n fisieke teater formaat. ‘n Samestelling van N.P.van Wyk Louw se gedigte vorm die basis van dié aanbieding en daar word aan onder andere gedigte soos “Lucifer”, “Die Hond van God”, “Ballade van die Bose”, “Drie diere” en “My venster is ‘n blanke vlak” gestalte gegee.
Die Ballade van die Bose is te siene van die 21ste tot die 25ste Maart 2006 om 20h15 elke aand in die H.B.Thom Teater te Stellenbosch en beloof om nie net ‘n ouditiewe ervaring te wees nie, maar ook ‘n visuele belewenis. Die geselskap bestaan uit 27 senior studente wat deur middel van koorspraak, voordrag en beweging Van Wyk Louw se woorde laat herleef soos nog nooit tevore nie.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
