Bokkie Botha

Lelia Etsebeth is Bokkie Botha – ’n blonde lugwaardin met ’n groot haredos, groot skoene en groot drome.

Met behulp van kaptein Spies word Bokkie gou bevorder na internasionale vlugte. Sy sien die ganse wêreld en tog voel dit vir haar asof iets skort. Dan vra sy haarself: “Het ’n mens regte vlerke nodig om te kan vlieg?”

Bokkie Botha is gegrond op ’n karakter wat Willie Esterhuizen geskep het vir Molly en Wors: Die movie.

Teks: Lelia Etsebeth
Regie: Tobie Cronjé
Vervaardiger: GZ Produksies

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: POK-hoofsaal, Potchefstroom
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R100
24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 13:30 26 Sept. – 20:00, 27 Sept. – 09:00 28 Sept. – 12:00

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply