Buurtwag

Dié buurtwag is uiters verteenwoordigend: ’n Boer, ’n Engelsman, ’n tiener, ’n gay man, ’n bruin man en ’n flerrie.

Die Boer en die flerrie het die buurtwag gestig om van die Engelsman ontslae te raak, maar toe is die gay man ’n vlieg in die salf, die tiener ’n doring in die vlees en die bruin man ’n slang in die gras.

Nege bure onder een lapa met vuiste, knuppels, gewere, handgranate en géén naasteliefde nie! Die agterplaas is die slagveld en uiteindelik is die laaste man wat staan… ’n vrou.

Met: Hannes Muller, Hannes Brümmer, Karen Wessels, Jody Abrahams en Christel van den Bergh
Teks en regie: Chris Vorster
Vervaardiger: GZ Productions

Aardklop 2011

Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds.

Première.

Girls High – 80 min. – R95.
4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 21:00, 6 Okt. – 09:00, 7 Okt. – 18:00, 8 Okt. – 18:30

Lewer kommentaar

Leave a Reply