Cabaret the Musical

Cabaret the Musical is tans by Theatre on the Bay in Kampsbaai, Kaapstad. Pieter Toerien en KickstArt is verantwoordelik vir die produksie wat tot 6 Oktober speel.

Steven Stead is die regisseur en die rolverdeling sluit in Samantha Peo (Sally Bowles) en Kate Normington (Fraulein Kost). Die musiekregisseur is Stefan Lombard.

Hierdie musiekblyspel deur John Kander en Fred Ebb het ‘n kulturele skat geword na die 1972 filmweergawe met Liza Minnelli in die hoofrol en Bob Fosse aan die stuur. Kander & Ebb het hul stuk baseer op die 1939 semi-outobiografiese roman van Christopher Isherwood, Goodbye to Berlin.

Cabaret speel elke dag by Theatre on the Bay behalwe Maandae.
Kaartyjies wissel van R100 tot R325.

Cabaret the Musical
Cabaret the Musical

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar