Die somer begin met die Baxter se feestyd vir komedie, musiek en dans met top Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat ‘n hoogtepunt bereik in die uiters gewilde en opwindende Oujaarsaandpartytjie op 31 Desember.
Gevierde komediante, Alfred Adriaan en Marc Lottering, span kragte saam om Kaapstadse gehore hul beste materiaal te wys by die Baxter-konsertsaal tot 11 Januarie 2025. Vertonings is om 19h30, Dinsdae tot Saterdae, met 15h00 matinee op Saterdae. Die vertoning op Oujaarsaand begin om 21h00.
Loukmaan Adams se Joltyd – Through The Ages of Music, is in die Pam Golding-teater by die Baxter tot 4 Januarie 2023. Vertonings is om 20h00, met Saterdag-matinees om 14h00 en die vertoning op Oujaarsaand sal om 21h00 begin. Hierdie opwindende stuk teater vier die evolusie van musiek en dans oor die dekades heen. Die opgewekte produksie, wat gehore sal laat saamsing en in hul stoele sal dans, besoek ‘n paar ikoniese klanke wat die verskillende eras gedefinieer het – van die tydlose Frank Sinatra tot die maatslae en ritmes wat resoneer met vandag se jeug.
Basil Appollis en Grant van Ster regisseer ‘n sterbelaaide rolverdeling wat Jarrad Ricketts, Loukmaan Adams, Tashreeq de Villiers, Kashifa Blaauw, Xolisa Tom en die skreeusnaakse Mel Jones insluit. Hulle word op die verhoog vergesel deur ‘n lewendige orkes, onder die musikale leiding van Charlton Daniels. Choreografie is deur Grant van Ster met dansers van die Figure of 8-dansgeselskap. Die vertoning beklemtoon hoe musiek en dans gevorm en beïnvloed is deur plaaslike kultuur, wat generasies verbind en gedeelde ervarings skep. Van sielvolle melodieë tot opwindende volksliedere. Joltyd vang die gees van elke tydperk vas en maak dit ‘n vreugdevolle viering vir alle ouderdomme.
Die komediant, Schalk Bezuidenhout, ook bekend as Kersvader se helpertjie, bring tot 23 Desember sy Krismis-verskeidenheidskonsert, Schalk Bezuidenhout se Krismis Bonanza, na die Baxter Studio slegs vir ‘n beperkte seisoen. Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 19h00 en Saterdag-matinees is om 15h00. Met grappies wat baie snaakser is as daardie one-liners wat in ‘n Krismis crackers gevind word, is dit verseker ‘n aand uit wat gewaarborg is om gehore in die vakansiegees te kry. Die hele reeks is ‘n verrassing met ‘n paar groot name en ‘n paar splinternuwe optredes wat gaan vermaak, wat dit die beste geskenk maak vir hierdie feestelike Krismis.
Die Baxter se somer-feesseisoenprogram is ‘n hoogtepunt op die Moederstad se Desember- en Januarie-vermaakkalenders. Die pret en feestelikheid sal ‘n hoogtepunt bereik met die gewoonlik uitverkoopte Oujaarsaandpartytjie. Tradisiegetrou sal van die kunstenaars die aftelling in die voorportaal lei op 31 Desember ná die vertonings, wanneer die partytjie begin. Die twee vertonings om van te kies is Joltyd en Alfred en Marc, albei wat later die aand om 21h00 sal begin. Kaartjiepryse sluit toegang tot die partytjie, ‘n komplimentêre glas borrels of sap, ‘n lewendige orkes en DJ Chad op die dekke in, wat baie gunsteling-deuntjies sal speel om die Nuwejaar met vreugde en welwillendheid te help inlui.