Die ryk weduwee

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Uys Krige se bekende, gewilde en klassieke komedie is die Woordfees se baie spesiale Lag-Lag Tien Jaar feesdrama! Met ’n kostelike inkleding van toenterjare.

NTO het die stuk vir die eerste keer opgevoer in 1953, met Wena Naudé in die titelrol. In 1968 was
Wilna Snyman in die hoofrol vir TRUK, en toe Krige in 1974 die Hertzogprys ontvang het, is dit aangebied deur KRUIK.

Kennelik ’n heerlike stuk vir spesiale geleenthede! ’n Ryk weduwee se hart en huis word op haar Bolandse plaas beleër deur vier nogal bra uiteenlopende huwelikskandidate. Wie sou kon raai wat toe gebeur?

Met Elsabé Daneel, Chris van Niekerk, Waldemar Schultz, Susanne Beyers, Johann Nel, Martelize Kolver, Deon Lotz, Roelien Daneel en Raymond Randall.
Regie: Juanita Swanepoel.

Uys Krige
Uys Krige

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar