Twee ou mense, opgewonde, in afwagting op hul groot aand wanneer die ou man sy lewensfilosofie, waaraan hy 93 jaar reeds poets, op genooides gaan loslaat.
’n Toestroming van gaste uit alle lae van die samelewing, insluitend die president, maak hul opwagting by die vuurtoringhuis op ’n afgesonderde eiland.
Om almal te akkommodeer, verg stoele en nogmaals stoele. Maar die gaste is onsigbaar. En die ou man kan nie self sy boodskap oordra nie. En hy het iemand gekry om namens hom te praat.
Dié produksie huldig Tobie Cronjé, wat vanjaar die Kunste Onbeperk-prys vir Lewensbydrae tot die Kunste ontvang.
* Debuut *
Met: Tobie Cronjé, Antoinette Kellermann en Sami Maseko
Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson
Teks: Eugène Ionesco
Beligtingsontwerp en produksiebestuurder: Chris Pienaar
Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/10 jaar
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R135 (R150 by die deur)
Plek: Die Parlement, Oudtshoorn
Datum: 29 Maart – 3 April 2018
KKNK 2018
Die stoele

Die stoele
Roekeloos
2.5
