Hierdie is die aangrypende liefdesverhaal van Ellida wat met die veel ouer Dr Wangel getroud is.

Hy het twee dogters wat nie veel jonger as sy self is nie. Ellida bewaar ’n geheim – sy was eens verloof aan ’n matroos en kan die vreemdeling nie vergeet nie.

Dan daag hy op om haar soos hulle mekaar belowe het, op te eis. Wangel besef sy magteloosheid en gee haar die vryheid om te kies. Vryheid waaraan verskeie betekenisse geheg word.

Deur haar spel sien die teaterganger die onderdrukte emosies, die verwarde gedagtes, die vrese wat onder die oppervlak skuil, maar ook die hoop op versoening. Wat dan ontvou, is ’n pragtige liefdesverhaal vol intriges. Dit word kundig vervleg met die liefdesverhale van die twee dogters. Voeg daarby die heldin Ellida se obsessie met die see en die tafel is gedek vir ’n kragtoer wat jou sal meevoer tot die einde.

In hierdie psigologiese en simboliese drama plaas die dramaturg die kyker volslae in die komplekse verhoudings van sy karakters: vol passie, maar ook vol menslike humor.

Henrik Ibsen, die Noorse teater-reus, word as die vader van die moderne teaterkuns beskou. Met ’n swiep van woorde laat hy die gehore die waarheid daaragter sien. Uitstekende akteurs, interessante karakters, ’n pragtige storielyn. Teater op sy beste!

* Debuut *

Met: Jana Strydom, Neels van Jaarsveld, Erik Holm, Kaz McFadden, Amalia Uys, Theodore Jantjies, Natasha Dryden en Gavin van den Berg

Regisseur: Henry Mylne

Teks: Henrik Ibsen
Stelontwerp en beligting: Wilhelm Disbergen
Vertaler: Hugo Taljaard

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: PG
Tydsduur: 2 uur
Kaartjies: R132
Plek: Nelspruit Stadsteater, Nelspruit
Datum: Di 28 Jun 12:00; Wo 29 Jun 18:00; Do 30 Jun 11:00; Vr 1 Jul 17:00; Sa 2 Jul 09:00

Innibos 2016


Die vrou uit die see
Die vrou uit die see

Die vrou uit die see


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply