#NAF16 Henrietta with love

Charlie se vrou, Mercia se ma, Rosie se suster, Freda se vriend, groot mevrou Carstens se buurvrou. Dis alles Henrietta en as sy praat van haar lewe blink haar oë.

Henrietta deel graag haar tradisies, haar “swear by’s” en haar kultuur. En sy dink graag oor wat dit dan nou alles beteken; al die probleme met ’n mens se kop, ginger squares, Protea Village wat nou skielik Bishops Court is, senuweepilletjies, die oorlog in Noord-Afrika en haar gunsteling cerise pill box hoedjie met die matching blaartjies en veil wat mevrou Carstens sê het laat haar lyk soos ’n waterlelie, regop en mooi …

En toe op ’n dag, toe verander alles …

Met: Lee-Ann van Rooi

Regisseur: Sandra Temmingh

Teks: Peter Voges

Genre: Drama
Taal: English & Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 12 –
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R80
Plek: Gymnasium, Grahamstad
Datum: 30 Junie – 5 Julie 2016

Nasionale Kunstefees 2016

Henrietta with love

#NAF16 Henrietta with love


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply