Dowwe Dolla betaal belasting

Met die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ‘n skok agter dat sy vir die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe sal moet indien.


Dis ‘n ingewikkelde en senutergende proses en Dolla besluit om die hulp in te roep van eksperts op die gebied soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se consultant Rashid van die Vlakte.

Sy leer ongelooflike nuttige nuwe inligting soos wanneer die beste tye is om deur restaurante en ryk mense se rubbish-bins te snuffel op soek na kontantstrokies wat mens kan eis, asook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak.

Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ‘n dinner date met die ambassadeur van China.

Dolla vat die gehoor weereens op n roller-coaster rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor … want net soos brandewyn, het belasting nie brieke nie.

Dolla skop af in haar eie valley met die “dress rehearsals” op 11-13 Feb by die Boer Restaurant teater in Durbanville. (021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com)
14 Feb vier sy Valentynsdag in die Oos-Kaap by Barklystraat Teater in Uitenhage.( 041 922-0575/ 0833799590)
7 en 12 Maart is Dowwe Dolla betaal belasting te sien by die Woordfees en 29 Maart-1 April draf sy die KKNK kaf. Bespreek vir die twee feeste by Computicket.
16 April Atterbury-teater, Pretoria
11 – 15 Junie weer by Die Boer in Durbanville.

Dowwe Dolla maak somme
Dowwe Dolla maak somme
Met: Margit Meyer-Rödenbeck
Teks: Jurgen Human
Musiek: Pedro Kruger
Tegnies: Carna Visser
Kostuums: Heinz in Style

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar