Giel Swiegers en ander Karoo-duiwels is ’n samestelling van Karoo-verhale soos vervat in die boek In die mond van die wolf, geskryf deur die bekroonde Paul C. Venter.

Venter gebruik Giel Swiegers, aartsbedrieër en tweegatjakkals van die Paarl soos gesien op kykNET in Vlug na Egipte en Terug na Egipte, as die verteller. Die unieke
stories, eie aan die Karoo, wemel van interessante karakters, (sommige reeds bekend, soos Dot, Tony Fivaz en Kortjas), komiese situasies en skerp insig in die lewe en mense wat dié pragtige deel van ons land bevolk en wat Venter se werk so uiters gewild maak onder sowel die leserspubliek as die liefhebbers van dié Afrikaanse TV-reeks.

En met ’n spekskieter soos Giel aan die woord kan jy enigiets verwag.

* Debuut *

Met: Eric Nobbs

Vervaardiger: Eric Nobbs

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 12 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R110
Plek: Griesselsaal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 09:00; 9 April 15:30; 10 April 18:00; 12 April 18:30; 13 April 09:00; 14 April 15:00

KKNK 2017


Giel Swiegers en ander Karoo Duiwels

Eric Nobbs
Eric Nobbs

Giel Swiegers en ander Karoo Duiwels


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply