In ‘n wêreld wat toenemend oorheers word deur fopnuus en “kuber-ervarings”, het die Boer restaurant teater en La Motte Wynlandgoed kragte saamgesnoer om jou ‘n aand te bring van “werklike” goeie kos en wyn gedurende een van hulle seldsame Gourmet-aande.

Kom geniet 5 top wyne geskep deur La Motte wynmaker Edmund Terblanche , vind uit hoe hy hulle maak en hoor n staaltjie of twee so “uit die dieptes” van die kelder.

Sjef Werner Wolff van die Boer is reeds welbekend in die Wes Kaap vir sy kos, maar vir hierdie geleentheid het hy 4 spesiale disse geskep om te pas by La Motte se wyne.

En op die verhoog om te help proe en te help eet is Pietman Geldenhuys, bekende musikant en Storieverteller, wat dan ook moet help sing en vertel.

Ook op die verhoog sal wees mede kos-en wyn liefhebbers en eienaars van die Boer restaurant, Jurgen Human en Margit Meyer-Rödenbeck, om ‘n “agter die skerms” storie of twee te deel uit hulle lewe in die vermaaklikheidsbedryf.

SPYSKAART

Verwelkoningsdrankie

La Motte Millenium

La Motte Sauvignon Blanc

Romerige Bruin Sampioensop met “truffle” olie, en geroosterde ciabatta

La Motte Syrah

Garnale geposjeer in soetrissie- botter en bedien met vars blare en ‘n basiliekruid en songedroogte tamatie pesto

La Motte Chardonnay

Oondgebakte lamskenkel bedien met kapok-aartappels, geroosterde groente en ‘n rooiwyn- en mosterd jus

La Motte Cabernet Sauvignon

Tiramisu

La Motte Pierneef Syrah Viognier

Gourmet aand by Die Boer 2024
Gourmet-aand by Die Boer

Lewer kommentaar

Leave a Reply