As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats op ‘n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! Nie die ene in die Vrystaat nie, die een ver oor die water waar hulle paddaboudtjies eet, en die Mona Lisa vir hulle loer. En hulle is net betyds vir die 30ste Olimpiese spele.
Maar o wee, die Olimpiese Vlam is gesteel, en daar is verskeie verdagtes. Is dit Cupid met sy pyl en boog, of Spartacus, die gladiator van Rome, of die Franse sangsensasie Fleur? Vlooi en Wilma benodig
almal van julle se hulp om saam met hom hierdie raaisel op te los.
Dit is die 22ste jaar dat Vlooi se avonture by Kunstekaap aangebied word, en daar
wag vanjaar weer ‘n kleurvolle en skouspelagtige produksie op julle.
SKOOLVERTONINGS: Afrikaans: 14-16, 19 Augustus; 26-30 Augustus 2024
Engels: 20-23 Augustus; 2-6 September 2024
Prys vir blokbesprekings: R75 per persoon (Enkelkaartjies kos R100)
Besprekings: Louise marinda.vlooi@gmail.com / 0716883033
PUBLIEKE VERTONING: SATERDAG 24 AUGUSTUS OM 14:00
KUNSTEKAAP – TEATER
KAARTJIES: R125 (BLOKBESPREKINGS VAN 10 EN MEER R100)
BESPREEK: WEBTICKETS
TEKS & LIRIEKE: Margit Meyer-Rödenbeck (Lirieke ook: Jurgen Human & Luca
Human)
REGIE: Marinda Engelbrecht
MUSIEKVERWERKING EN REGISSEUR: Coenraad Rall
CHOREOGRAFIE: Carlia Greyling
SPELERS: Minke Marais, Eldon van der Merwe, Wian Taljaard, Kerscha Titus, Mia
van der Merwe
STELINKLEDING: Gaerin Hauptfleisch
KOSTUUMS: Stephanie Hough
VERVAARDIGER: KRAZY KATZ PRODUKSIEHUIS in samewerking met
KUNSTEKAAP en OXFORD UNIVERSITY PRESS