Heerlike pret en plesier by groot en gratis Meat World Musiekfees in Springs op 2 April 2016.
Meat World by die Springs Nasionale Varsproduktemark hou weer Musiekfees op 2 April met van die land se top kunstenaars wat gaan optree. Die goeie nuus is dat hierdie Meat World Musiekfees totaal gratis is. Die Musiekfees begin om 09:00 en sal tot so om en by 13:30 duur met die aankondiging wie die splinternuwe Ford Figo Ambiente gewen het. Die Fees spog met van die land se top kunstenaars. Pieter Koen wat elke Saterdagaand Jukebox op kykNET aanbied kom “Skud sy Biscuit”, Hennie Smit, beter bekend as Bertie in Egoli, is seremoniemeester. Hennie en Arina de Witt gaan ook ‘n liedjie of twee uit hulle nuwe produksie, As drome vlerke kry, sing. Dan is daar ook nog Francois van Rensburg, Rembrandt van Rijn, Alwyn Oberholster en Rinel Day. Beslis ‘n heerlike ervaring en alles heeltemal gratis. Kom vroeg en bring sommer vir jou ‘n kampstoel, kombers of kussing.
Die kleinmensies word nie afgeskeep nie, want Liewe Heksie en Botterblom maak ook ‘n draai by Meat World en die volle produksie sal gratis opgevoer word. Verna Vels se karakter, Liewe Heksie, is steeds baie bekend en gewild. Frans Swart is die regisseur van die produksie en het ook Liewe Heksie en Botterblom vir die verhoog verwerk. Ana van Achterbergh speel Liewe Heksie. Ander spelers is Botha Enslin, Debre Rossouw en Phillru van Achterbergh.
Die area by die Springs Mark is lekker groot en leen hom ook perfek vir ‘n lekker vlooimark. Daar word ‘n lekker vlooimark aangebied. As jy ietsie spesiaals maak en jy wil ‘n stalletjie bespreek, skakel sommer nou vir Mariaan by 083 254 7293 of 011 815 3000. Jy kan ook ‘n epos stuur aan admin@lefra.com
Meat World gee ook ‘n splinternuwe Ford Figo Ambiente weg op Saterdag, 2 April. As jy in aanmerking wil kom om hierdie Ford Figo te wen, moet jy net vir meer as R100 by Meat World gaan koop en jou kasregisterstrokie saam met ‘n inskrywingsvorm in die boks gooi. So maklik soos dit. Die finale trekking gaan op 2 April plaasvind.
Vir meer inligting, skakel gerus vir Lefra Produksies by 011 815 3000 of epos aan admin@lefra.com