Huis toe

The Homecoming word allerweë beskou as Harold Pinter (Nobelprys-wenner vir letterkunde in 2005) se meesterwerk – ’n spel van one-upmanship gelaai met dramatiese afwagting en bytende, skerp swart komedie.

Dit fokus op ’n wrede en psigologiese kompetisie tussen die karakters, deurweek met seksuele spanning, emosionele
impotensie, Oedipus-begeertes, eensaamheid en isolasie, skyn en werklikheid – wat eskaleer tot ’n ontstellende wedywering van die morele en sosiale orde van familieverhoudinge en ’n huwelik.

The Homecoming (geskryf in 1965) se Broadway-produksie het in 1967 die Tony-prys vir beste drama gewen.

Hierdie is die Afrikaanse première.

Met: Neels van Jaarsveld, Deon Coetzee, Amalia Uys, Werner Coetser, Johan Engelbrecht en Armand Aucamp
Regisseur: Henry Mylne

Aardklop 2012

Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/14

Plek: Sanlam Ouditorium, Potchefstroom
Tyd: 120 minute
Kaartjies: R100
Datums: 2 Okt. – 09:00, 3 Okt. – 20:30, 4 Okt. – 09:00, 5 Okt. – 15:30, 6 Okt. – 20:30

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply