#innibos Jou gat, my skat!

Jou gat, my skat!
Roekeloos
11 Mei

Hierdie produksie is die derde uit die pen van Barry van Rensburg wat handel oor persoonlikheidstipes en kommunikasie style. Dit volg op die suksesvolle Annale van ’n Windgat en Ballade van ’n Banggat.

Teenoorgesteldes trek mekaar aan en soms uit … mekaar. Jou gat my Skat! is ’n komiese besoek aan die twee opperste pole in die samelewing: hardegat en slapgat en kom dié botsende persoonlikhede binne die huwelik onder die loep.

Die natuurwet dat teenoorgesteldes mekaar aantrek, sorg vir oneindige humoristiese situasies eniets waarmee elkeen in die gehoor kan identifiseer.

Soos die vorige twee stukke is Jou gat my Skat! komedie met diepte – dit wil mense met ’n groter insig oor die lewe en oor menswees laat.

Van Rensburg beloof dat hierdie – soos sy vorige twee produksies – skreeusnaaks gaan wees sonder vloekwoorde of vulgariteit.

Met: Marisa Drummond en Cobus Venter
Regie: Elizma Badenborst
Teks: Barry van Rensburg
Vervaardiger: Windgat-produksies

Genre: Komedie
Gradering: Gesin
Venue: Nelspruit Laerskool
Tydsduur: 70 min
Prys: R102
Datum en tyd: Wo 2 Julie 10:00, Do 3 Julie 13:00, Vr 4 Julie 19:00 en Sa 5 Julie 09:00

Innibos 2014

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply