Cape Ballet Africa bied ‘n nuwe program van kortwerke aan. Celebrating Tchaikovsky bevat die komponis se mees geliefde werke vir ballet, insluitend Die Slapende Skoonheid, Swanemeer en Die Neutekraker.

Desiderata, die geliefde prosagedig deur skrywer Max Ehrmann, vorm die inspirasie vir die versameling choreografiese werke deur Suid-Afrikaanse choreograwe met Marcel Meyer, gevierde Suid-Afrikaanse akteur, wat die suggestiewe en roerende teks vertel.

Wanneer: 16 – 25 Mei | Waar: Die Drama Factory, Strand | Koste: R280

Lewer kommentaar

Leave a Reply