Maroelafees

Die Maroelafees word van 1 – 4 Mei vanjaar by Oppidam in Hartbeespoort gehou. Dis ’n lekker outydse fees. Die karakter van die fees is Afrikaans, maar almal is welkom om dit te kom geniet.

Daar’s bands, kompetisies, stalletjies, dinge vir kinders (narre, mans op stelte, spookasem), sterkman-vertonings, kulkunstenaars, musiek en nogmaals musiek. Die kompetisies sluit in ’n skoonheid-, potjiekos- en sangkompetisie (die Maroela Idol kompetisie).

Die seremoniemeesters is Niekie van den Berg en Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck).

Frank Opperman kom ook aan die beurt met sy splinternuwe opvolgvertoning van Die Uwe, Pottie Potgieter, ’n eenmanopvoering genaamd Wyk 14, geskryf deur bekroonde en gewilde joernalis
Dana Snyman.

Maroelafees 2009

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar