Mavis van der Merwe – Reconstructed

Mavis van der Merwe – Reconstructed is die hartseerstorie van ´n boereseun wat vlug uit die platteland om ´n nuwe lewe te begin in die stad. Hier lewe hy (of is dit sy?) ´n dubbelle lewe.

Dan daag sy alkoholisniggie, Bernice Strydom, op – ´n werklose transvestiet wat as prostituut ´n bestaan probeer maak. Saam, voor hulle spieëls, bespreek en herleef hulle hulle kinderdae.

Mavis wil nie ´n bordjie om die nek gehang word nie – sy is nie ´n fopdosser nie. Sy is wat sy is – ´n man in vroueklere. Sy wil haar eie identiteit in die nuwe Suid-Afrika hê …

Mavis van der Merwe – Reconstructed is ´n komedie – komies geskryf met ´n ernstige boodskap. Die eerste helfte van die vertoning bevat gunstelingliedjies van onder andere Amanda Strydom en die musiekblyspele/films Moulin Rouge en Cabaret.

Met Paul de Ville, André Steyn, Pieter Jonas, André Terblanche, Heinrich Jonas, Donna Europa & Siswe Higa. Musikale verwerkings deur Paul de Ville. Op 18 Junie om 19:30 by die Ou Meulteater in Paarl.

Die Rietrivier Wynkelder borg die vertoning en bied ´n gratis wynproe en peuselhappies aan. Wyn sal ook teen kelderpryse te koop aangebied word. Sherry sal heelaand gratis beskikbaar wees.

Lewer kommentaar

Leave a Reply