MI(SA) is ’n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en ’n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiek deur Antoni Schonken: Die nuwe verbond – ’n Misorde vir die universum.


Hiermee tree Krog en Schonken in gesprek met die geliefde Misa Luba en Misa Criolla. Marthinus Basson vermeng rite en liturgie en skep ’n grensverskuiwende eietydse klankbeeld van Suid-Afrika, oorwegend in Afrikaans, maar ook met Latyns, Grieks, Engels, Xhosa en ou Khoisan-woorde.

Krog noem dit ’n “wetenskaplike mis wat die skade wat die mens aan mekaar, sowel as die planeet aanrig, besweer.” Die MI(SA) word ook nie net deur die Kaapstadse Operakoor gesing nie – die stories van die koorlede en waar hulle vandaan kom, vorm deel van die mis.

* Debuut *

Met: Amanda Strydom (solis), Cecilia Rangwanasha (sopraan), Makudupanyane Senaoana (tenoor), Ané Pretorius (mezzo-sopraan), Erik Dippenaar (klavesimbel), Kaapstadse Operakoor

Regisseur: Marthinus Basson

Dirigent en musikale regisseur: Pieter Bezuidenhout

Skrywer: Antjie Krog

Stelontwerp: Marthinus Basson & Michael Mitchell

Musiek: Misa Criolla gekomponeer deur Ariel Ramírez, Missa Luba gekomponeer deur Guido Haazen, Nuwe verbond gekomponeer deur Antoni Schonken

Choreografie: Sifiso Kweyama en Ina Wichterich

Kostuums: Michael Mitchell

Verhoogbestuurder: Danielle Louw

Projekbestuurder: Corneil Muller

Vervaardiger en beligtingsontwerp: Chris Pienaar

Genre: Musiekteater

Taal: Verskeie

Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar

Tydsduur: 1 uur 25 minute

Kaartjies: R100 – R180 | R200 by die deur

Plek: Adam Small Ouditorium, Stellenbosch

Datum: 1 Maart 16:30 & 20:30 | 2 Maart 14:30 | 3 Maart 19:30

Woordfees 2019

Lewer kommentaar

Leave a Reply