Mej. Suid-Afrika 2019, Zozibuni Tunzi, is so pas as Miss Universe gekroon en natural hair is nou meer in as ooit. Aunty Pat, raadslid innie gemeenskap, moet nuwe foto’s niem vi haa veldtog en wil die natural route volg. Roxanne, haa baby, is biesag om ’n hair salon oep te maak en is nog biesag om haa roots te vind, tewyl confident Debbie om elke hoek en draai pleit by hulle om hulle natural self wees.

Drie karakters op ’n journey van renewal, repent en een van begin. Al issit oor. Al issit seer. Jy het die drie al gesien, maar nog nie regtig van hulle gehoor nie, óf na hulle geluisterie.

MET Veronique Jephtas TEKS Veronique Jephtas en Lynthia Julius REGIE Tinarie van Wyk Loots BELIGTINGSONTWERP Andi Colombo VERHOOGBESTUURDER Roland du Preez PRODUKSIEBESTUURDER Lee-Ann van Rooi VERVAARDIGER Bossikop Productions

2 April 2023, 09:30 3 April 2023, 18:00 4 April 2023, 13:00 5 April 2023, 13:00
KKNK

Van Reedesaal, Oudtshoorn

Veronique Jephtas
Veronique Jephtas

Lewer kommentaar

Leave a Reply