‘n Cock & Bullshit Storie

‘n Cock & Bullshit Storie, ‘n lokettreffer deur die twee Britse skrywers, Richard Zadjlic en Richard Crowe, is ‘n tweetalige, eietydse verplasing na ‘n voorstedelike Kaapstad deur Quintin Krog en die akteur Geon Nel.


Hierdie produksie, met twee van die Suid-Afrika se mees belowende jong akteurs, Edwin van der Walt en Dean-John Smith in die naamrolle word geregisseer en ontwerp deur Marthinus Basson met beligting ontwerp deur Chris Pienaar.

TJ (Dean-John Smith), ‘n belowende jong bokser op die vooraand van ‘n geveg wat sy loopbaan kan maak of breek, wag op sy boesemvriend Jaco (Edwin van der Walt) wat hom altyd geestelik en fisies voorbrei vir sy gevegte. Sy vriend is laat en Tiaan se vertroue is ernstig geknou na ‘n vernederende neerlaag onlangs teen vanaand se opponent.

Vir TJ is boks nie net ‘n passie nie, maar ‘n paspoort na ‘n beter lewe waardeur hy sy laermiddelklas-agtergrond kan agterlaat. Jaco darenteen meet homself aan die lang skaduwee van sy local-legend van ‘n pa met sy konneksies in die onderwêreld en roem as straatvegter. Maar vanaand word ‘n tweestryd van ‘n ander aard in die kleedkamer gevoer wat Jaco en TJ se vriendskap tot die uiterste sal toets.

Hierdie opwindende tweemanstuk, vol mannegedrag, grootbek-stories oor meisies, kleedkamerpraatjies en oordadige fisikaliteit versteek ‘n delikate ontginning van vriendskap, seksualiteit en wedersydse afhanklikheid met die emosionele uitklopkrag van ‘n swaargewigbokser.

Die Ou Meulteater is die afskopplek vir ‘n landwye toer vir ‘n Cock & Bullshit Storie omrede beide Edwin van der Walt en Marthinus Basson gematrikuleer het by Paarl Boishaai.

Die taal is gekrui soos manne maar doen onder druk en daar is ‘n ouderdomsbeperking van 14 op die stuk. Andersinds word ouerbegeleiding aanbeveel.

Met: Edwin van der Walt en Dean-John Smith

Regisseur en Ontwerper: Marthinus Basson

Vervaardiger Chris Pienaar

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R100
Plek: Ou Meulteater, Paarl
Datum: tot 6 Februarie, 20h00

Woordfees 2016

‘n Cock & Bullshit Storie,
Roekeloos,
3 Februarie 2016.

2

n Cock & Bullshit Storie
n Cock & Bullshit Storie

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar