Roekeloos
6 Junie
Ubu and the Truth Commission is ’n kombinasie van teater, poppekas, musiek, animasie en ’n dokumentêre produksie.
Die donker en bitter humor, skouspelagtige animasie en fyn gedetailleerde poppe, is tipies van samewerking tussen William Kentridge en die Handspring Puppet Company.
Dié stuk vind sy oorsprong in die Waarheid-en-versoeningskommissie en die losbandige nar, koning Ubu, skepping van die Franse dramaturg Alfred Jarry. Die drama is gestruktureer rondom ‘n metaforiese verhaal van huweliksprobleme. Die tema is die gruwels van Apartheid, maar jy gaan nooit die woord gruwel of apartheid hoor nie.
Met: Busi Zokufa, Dawid Minnaar, Gabriel Marchand, Mongi Mthombeni & Mandiseli Maseti
Regie: William Kentridge
Assistent-regisseur: Janni Younge
Poppe & Kostuumontwerp: Adrian Kohler
Beligting: Wesley France
Musiek: Warrick Sony & Brendan Jury
Choreografie: Robyn Orlin
Klank: Simon Mahoney
Verhoogbestuurder: Jessica Mias-Jones
Vervaardiger: Handspring Puppet Company
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Plek: Rhodes-teater, Grahamstad
Datum: 7 Julie 19h30, 8 Julie 14h30 & 19h30, 9 Julie 14h30 & 19h30
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R 65

Lewer kommentaar