Anna het op 18 as Afrikaanse, Protestantse middelklasmeisie geroepe gevoel om ’n non te word.
Nou, in haar veertigerjare, is sy ontnugter. Was ’n lewe van opoffering die moeite werd? Sy wil haar
kop skoon kry en gee pad na ’n eiland aan die Portugese kus.
Daar ontmoet sy vir Drikus, ’n Afrikaanse man in sy vroeë dertigs wat wou wegvlug van die dolle gejaag en sy gebroke huwelik. Hy lei nou ’n geluksalige lewe as grapmaker en partytjiedier wat die lewe nie te
ernstig opneem nie.
Tot die non met vakansie opdaag.
Met: Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee
Regie: Gert van Niekerk
Stelontwerp: Fanus van Deventer
Fotografie: Empire Photography
Teks: Lizz Meiring
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes
Verhoogbestuur: Yvette Hanekom
Vervaardiger: Artist Warehouse en Green Room Industries
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R140
Plek: Banketsaal, Potchefstroom
Datum: 24 Sept 09:30, 25, 28 Sept 14:00, 26 Sept 12:30, 27 Sept 13:30

