1 000 Onesies ontwerp deur Bloemfonteinse modeontwerpstudente en vervaardig deur verskeie belangegroepe, word tydens die Vrystaat Kunstefees 2017 weggegee!

Feesgangers word uitgenooi om ’n onesie vir die duur van die fees te dra én om hul ‘ons-sie’ te plaas by #OnesieWorld.

’n Plaaslike span musikante sal ’n naaimasjien-orkes vorm sodat die onesie-draers op die ritmiese gegons van die masjiene kan beweeg en dans.

Onesie World verken die bymekaarbring van mense wat eenderse kledingstukke dra en die gevoel van eenheid wat die proses van maak, dra en beweeg skep. Die oorspronklike idee is van die Australiese kunstenaar Adele Varcoe, wat mode-ervarings skep waardeur die sosiale en emosionele affekte van mode, kleding, en klere verken word. Deur deelname-vertonings, wat die dikwels ontwykende aard van mode ondersoek, bring Varcoe mense bymekaar deur hulle in ’n omgewing te plaas waar hul idee van hulself verskerp word deur die klere wat hulle dra.

Onesie World is vanjaar die hoofprojek van die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (PIKO), ’n inisiatief van die Universiteit van die Vrystaat en die Vrystaat Kunstefees, ondersteun deur die Andrew W. Mellon-stigting, SITUATEArt in Festivals en die Salamanca Kunssentrum.

Hoofkunstenaar: Adele Varcoe
Fasiliteerders en medewerkers: Lisa Nel, Jaco Spies, Doretha Jacobs, Dipuo Machogo, Marjorie Human, Sandy Little
Onesie ontwerpers en vervaardgers: Bloemfontein Fashion Academy, Central University of Technology met studente van die Department of Design and Studio Art, Doretha Jacobs met inwoners van Bloemfontein, Kedibone Moeti, Tlagu Manju en die naaldwerkprojek van Leinaeng Library in Rocklands, Annette Liebenberg en Annette’s Creative Sewing
Onesie uitleg: Universiteit van die Vrystaat en die Department of Fine Arts en Central University of Technology met studente van die Department of Design and Studio Art
Musikante: Dewald Bux, Kay Da Word, OsIIIris
Klank: Kabelo Mahlakeng, Kuena Moholi en Creative Kilowatt
Kurator: Angela de Jesus
PIAD projek koördineerder: Bongani Njalo
Produksiebestuurders: Corneli van den Berg en Kezia Gerber van Audeamus Studios
Handelsmerk-konsultant: Johannes Deetlefs
PAP vervaardiger: Adriaan Meyer


Genre: Kuns & Musiek
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: nvt
Kaartjies: Gratis
Plek: Hoffmanplein & Rooiplein, UV Kampus, Bloemfontein
Datum: 21 Jul 2017: Onesie uitdeling: 10:00 – 16:00 | Naaimasjien Orkes: 11:00, 13:00 & 15:00 (Hoffmanplein); 22 Jul 2017: Onesie uitdeling: 10:00 – 16:00 (Rooiplein, UV Kampus)

Vrystaat Kunstefees 2017


Onesie World


Onesie World


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar