Pas de Deux

Na die onlangse wegholsukes van hul produksie Die Slapende Skoonheid, bied die Kaapse Stadsballet vanaf 26-28 September Pas de Deux in die Kunstekaap Teater aan.

Tracy Li & Xola Putye
Tracy Li & Xola Putye
Die pas de deux vertoonwoordig die hoogs verwagte oomblik wanneer ballerina en danseur op die verhoog verenig in ’n vertoon van beeldskone en moeitelose grasie en tegniek. Pas de Deux sal van die mees gewilde danse vir twee soliste insluit uit ballette soos Anna Karenina, Le Corsaire, The Merry Widow, Scheherazade en Spartacus.

Die pas de deux word tradisioneel in ballet beskou as simbolies van die liefdesvennootskap. Die hoofdansers en soliste van die Kaapse Stadsballet sal in hierdie vertoning gehore trakteer met hul interpretasies van die kuns van paardans. Prima ballerina Tracy Li, wat hierdie jaar ’n hoogs suksesvolle terugkeer na die dansverhoog gemaak het, sal o.a. te sien wees saam met Xola Putye in ’n uittreksel uit Spartacus. Die sensasionale Japanese ballerina Mami Fuji, wat gehore onlangs in vervoering gehad het met haar vertolking van Prinses Aurora in Die Slapende Skoonheid, sal saam met Trevor Schoonraad ’n pas de deux uitvoer uit Diane and Acteon.

Pas de Deux word aangebied deur die Kaapse Stadsballet in die Kunstekaap Teater vanaf 26-28 September 2013. Sitplekke teen R 50 – R 150 kan bespreek word by Computicket of Kunstekaap Bel-‘n-Sitplek by 021 421 7695..

Datums en tye:
Don 26 Sep 19h30
Vry 27 Sep 15h00
Vry 27 Sep 19h30
Sat 28 Sep 14h00
Sat 28 Sep 19h30

(foto Michael Groenewald)

Lewer kommentaar

Leave a Reply