Dr P.G. du Plessis, bekroonde dramaturg, draaiboek- en romanskrywer, storie-verteller, twakprater, gemoedelike kwaadstoker van formaat en volks-ikoon, is oorlede op 7 Junie 2017.

Van Suid-Afrika se voorste kunstenaars kom bymekaar om die werk en lewe van hierdie grootgees te vier. Hy het ons lewens, en die Afrikaanse kultuurskat verryk; en sý lewe was eweneens vol …

Opgedra aan die liefde van sy lewe, Marie du Plessis, met dank dat jy hom met ons gedeel het.

* DEBUUT *

Met: Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Coenie de Villiers, Frank Opperman, Christo Davids, Milan Murray, Pierre Breytenbach, Anna Davel, Pietman Geldenhuys, Alexa Strachan, Laurinda Hofmeyr (klavier), Rixi Roman (baskitaar) David Klassen (perkussie) en prof. Hans du Plessis


Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R140
Plek: Beeld/Netwerk24 Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 7 Okt 18:00

Aardklop 2017


PG: ‘n Lewe vol …


PG: ‘n Lewe vol …


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply