Francois Toerien se Seks in die Suburbs is vir die Nasionale Kunstefees vertaal deur Lynita Crofford en sal in Grahamstad speel as Sex in the Suburbs. Crofford is ook deel van die rolverdeling.
Nog beter nuus is dat die belowende jong Tara Louise Notcutt die regisseur is. Sy is ook aan die stuur met … miskien en Mafeking Road wat beide vele toekennings verower het en ook by die fees is.
Met: Gideon Lombard & Lynita Crofford
Regisseur: Tara Louise Notcutt
Genre: Komedie
Tyd: 55 minute
Biblioteeksaal, Grahamstad
1 – 7 Julie
Kaartjies is ‘n skamele R50.
