Die Van Aardes van Grootoor

Die Van Aardes van Grootoor is ‘n Afrikaanse skat uit die pen van Pieter-Dirk Uys.

Dertig jaar gelede het Die van Aardes van Grootoor Suid-Afrika verower. Dié stuk het toe vir twee jaar ononderbroke in teaters gespeel. Ons het toe heerlik vir onsself gelag en nou, in 2012, is dit weer tyd om desjare se lagkrane oop te draai.

Kom kuier by die van Aardes van Grootoor en beleef die familie-intriges wat oor drie dekades afspeel. Dit is ’n epiese “vervolgverhaal” van ’n familie wat hulle erfgrond moet beskerm teen alles wat volksvreemd is. Hulle plaas alles wat preuts is op die spel en verdoesel in die proses ’n paar geheime. Maar jare later kruip en prut elke
sondetjie uit elke holtetjie, waar dit altyd ingesteek en weggesteek is.

Selfs die versteekte heilige koeie kom onder die loep, in seker een van die snaaksste toneelstukke wat nog plaaslik geskryf is.

Innibos 2012

Met: Anna-Mart van der Merwe, Marion Holm, Esther von Waltsleben, Pierre van Heerden, De Klerk Oelofse, en Noxolo Bodlani.
Teks: Pieter-Dirk Uys
Regie: Albert Maritz
Verhoogbestuur, rekwisiete, stelontwikkeling en logistiek: Gaerin Hauptfleisch
Stelkuns en rekwisiete: Koos Marais
Garderobe ontwerp: Koos Marais en Elrina Marais
Garderobemeester: Stephanie Hough
Beligtingsontwerp: Albert Maritz
Beligting, assistentverhoogbestuur en akteursskakeling: Alma Rossouw
Adviserend tot die stelontwerp: Nicolaas de Klerk
Stelontwerp: Albert Maritz

Die Van Aardes van Grootoor
Die Van Aardes van Grootoor
Genre: Komedie
Gradering: Volwassenes
Debuut
Datum en tyd: Di 26 Junie 18:00, Wo 27 Junie 11:00, Do 28 Junie 11:00, Vr 29 Junie 15:00, Sa 30 Junie 15:00
Venue: NG Moedergemeente Kerksaal, Nelspruit
Tydsduur: 120 minute (pouse ingesluit)
Prys: R97

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply